Local newsNews

Randfontein bied Relay for Life aan

Vanjaar merk ‘n groot mylpaal vir die Cansa Relay for Life, wanneer hulle, hul eerste relay in Randfontein aanbied. Om dié geleentheid te vier, bied Cansa op 8 Augustus ‘n musiekfees aan waartydens die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, Jakkie Louw, saam met Randfontein se skoolkore sal optree. Volgens die organiseerders sal die geleentheid by NG Helikonpark …

Vanjaar merk ‘n groot mylpaal vir die Cansa Relay for Life, wanneer hulle, hul eerste relay in Randfontein aanbied.

Om dié geleentheid te vier, bied Cansa op 8 Augustus ‘n musiekfees aan waartydens die gewilde Suid-Afrikaanse sanger, Jakkie Louw, saam met Randfontein se skoolkore sal optree.

Volgens die organiseerders sal die geleentheid by NG Helikonpark gemeente plaasvind en beloof dit om ‘n groot hoogtepunt op Cansa se jaarkalender te wees.

Almal is welkom om dié musiekfees by te woon en saam met die organiseerders in Jakkie Louw se geselskap te kuier.

Koste vir die geleentheid beloop R50 per person en R25 vir kinders.

Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.

Vir meer inligting rondom die geleentheid, skakel gerus vir Antoinette de Beer by 0736819516 of vir Zandri Schickerling by 078 460 7337.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button