Vriendskapstuiste beplan groot kermis
Randfontein Vriendskapstuiste sal weer op 31 Augustus hul jaarlikse kermis aanbied en nooi die hele gemeenskap om dié hoogtepunt op hul jaarkalender saam hulle te kom geniet. Die matrone van Vriendskapstuiste, Elsa Erasmus, vertel dat die kermis elke jaar ‘n goeie opkoms verseker en glo dat vanjaar weereens baie aftrek sal geniet. “Nog elke jaar …
Randfontein Vriendskapstuiste sal weer op 31 Augustus hul jaarlikse kermis aanbied en nooi die hele gemeenskap om dié hoogtepunt op hul jaarkalender saam hulle te kom geniet.
Die matrone van Vriendskapstuiste, Elsa Erasmus, vertel dat die kermis elke jaar ‘n goeie opkoms verseker en glo dat vanjaar weereens baie aftrek sal geniet.
“Nog elke jaar het die gemeenskap ons ten volle ondersteun, daarom doen ons ‘n beroep die gemeenskap om weer vanjaar by die kermis te kom kuier,” vertel Elsa.
Vanjaar sal die tema weereens country en western wees so almal kan weer daarna uitsien om puik country vermaak by die kermis te geniet.
Verder sal daar weer talle stalletjies met allerhande lekkernye wees.
Die stalletjies sluit poeding, pannekoek, Kerrie en rys en selfs vetkoek en maalvleis stalletjies in.
“Ons is baie opgewonde oor die kermis en gaan weer vanjaar ‘n tombolatafel hê, daarom doen ons ‘n beroep op die gemeenskap om al die tweedehandse artikels wat hul nie meer gebruik nie aan ons tombolatafel te skenk,” vertel Elsa.
Die kermis sal weer soos in die verlede om 9vm afskop en aanhou tot laatmiddag.
Almal is welkom om die kermis by te woon en die dag saam met hul vriende en familie te kom geniet.
Indien enigiemand by die kermis wil betrokke raak of enige navrae het, skakel gerus vir Elsa by 011 412 1044.