Local newsNews

Randfontein Spur reik uit na die bejaardes

Spur Suid-Afrika het onglangs 'n gemeenskapsprojek geloods, waar elke spur tak regoor Suid-Afrika 'n sopkombuis vir 'n instansie in hul gemeenskap moet aanbied.

Randfontein San Pedro Spur het dadelik besluit om Randpoorttuiste by dié projek te betrek en sal vir vier agtereenvolgende weke vir die inwoners van dié instansie ‘n sopkombuis aanbied.

Volgens ‘n bestuurder by Randfontein Spur, Janesca Smit, het hulle al reeds op 18 Junie met die projek begin en het weer op 25 Junie die tuiste besoek.

“Ons sal vir vier agtereenvolgende Dinsdae die inwoners van Randpoorttuiste besoek en vir hulle elkeen ‘n lekker bakkie sop en broodjie bedien,” vertel Janesca.

Sy vertel verder dat daar sowat 60 inwoners by die tuiste is wat by die projek sal baat vind.

Die laaste twee sopkombuise sal op 2 en 9 Julie plaasvind.

“Die senior burgers by Randpoorttuiste geniet die sopkombuis terdeë en dit is vir ons as Randfontein San Pedro Spur ‘n groot voorreg om ons seniors op dié manier te bedien,” vertel Janesca.

Behalwe vir die sopkombuisprojek, is Spur ook tans besig om regoor die land boeke in te samel as deel van die Spur, Jacaranda Boekprojek.

Daarom doen Janesca en die res van die Randfontein Spur se bestuur ‘n beroep op die gemeenskap om enige tweedehandse boeke by die Spur te kom aflewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button