Sy leer die kinders van God
Anita Croucamp is onlangs as pastoor georden en is vasbeslote om dié graad te gebruik om kinders in skole na God te lei.

Anita Croukamp is op 23 Junie as pastoor georden en streef daarna om God se woord aan jonk en oud te verkondig.
Volgens Anita het sy deur beide Hebron Teologiese Skool asook Teamwork Ministries studeer.
Sy vertl dat sy by Teamwork Ministries haar internasionale erkenning gekry het.
“Met ‘n pastoorsgraad agter my naam, is ek vuur en vlam om God se werk in ons gebroke wêreld te doen,” vertel Anita.
Sy vertel verder dat sy al reeds verskeie bedieninge in Randfontein aanbied.
Een van die bedieninge is ‘n hospitaalbediening waar sy by Robinson Privaat Hopsitaal die pasiënte asook personeel beraad en geestelik bedien.
“Behalwe vir my hospitaalbediening is ek ook tans by Laerskool Rapportryer betrokke as deel van my skoolbedieningsprogram.
“Tydens my sessies by die skole trek ek soos ‘n nar aan en strooi lekkers oor die kinders.
“Ek vind dat op dié wyse hou ek die jongklomp se aandag en hulle is ook dan meer gewillig om by die program betrokke te bly,” vertel Anita.
Sy vertel dat skole en kerke in die gemeenskap haar kan nader om by hul instansies te kom bedien.
“Behalwe vir my bedieningsprogramme in Randfontein, is ek baie trots op my nuutgestigte gemeente.
“Die gemeente, Faith like a child Ministries, is in Krugersdorp gebasseer en groei werklik van krag tot krag.
“Ek is baie bevoorreg en kan nie wag om meer vir God in ons gemeenskap te doen nie,” vertel Anita ten slotte.