Local newsNews

Kerk bied praatjie oor okkulte aan

Die gemeenskap kan nou meer oor okulte en satanisme leer by een van Suid-Afrika se kenners in dié veld, Doktor Kobus Jonker.

AGS Middelvlei gemeente bied nou die gemeenskap van Randfontein die geleentheid om meer van okkulte en satanisme by een van ons land se kenners, Doktor Kobus Jonker, te kom leer.

Volgens die pastoor by AGS Middelvlei, Danie Hartzer, voel hy en sy vrou baie sterk daaroor om die gemeenskap meer oor dié probleem te leer.

“Mense dink soms dat okkultisme en satanisme net nog ‘n wolhaar storie is,” sê Danie.

“Dit is omdat die mense nie genoegsame kennis daaroor het nie.

“God vertel ons in Sy Woord dat Sy volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis.

Daarom wil ons die gemeenskap uitnooi om meer te kom leer oor dié probleem wat elkeen van ons in die gesig staar.”

Pastoor Danie en sy vrou Annelize nooi die gemeenskap om op 21 Julie om 9.30vm die seminaar te kom bywoon en hulself toe te rus met die nodige kennis om okkulte te weerstaan.

Toegang tot die geleentheid is gratis en diegene teenwoordig kan na afloop van die seminaar ‘n lekker koppie tee of koffie geniet en ook van die geleentheid gebruik maak om bietjie met Doktor Jonker te gesels.

“Jongmense is geneig om by okkulte betrokke te raak omdat hulle veilig voel en nie daar geoordeel word nie, maar dit is ons doel om vir die jeug te wys dat daat ‘n groter krag en groter liefde is,” vertel Danie.

Vir meer inligting oor die geleentheid, skakel gerus vir Danie Hartzer by 082 384 4016/ 4017.

Related Articles

Back to top button