Local newsNews

Karoolus en Lente kuier by AGS

Kom geniet 'n oggend saam met Karoolus en Lente in God se teenwoordigheid tydens hul optrede by AGS Greenhills op 6 Oktober.

Pastoor Hannes van der Merwe van die AGS Greenhills gemeente nooi die gemeenskap om ‘n oggend saam Karoolus en Lente by hul gemeente te kom geniet.

Volgens Hannes, sal Karoolus en Lente op 6 Oktober by die AGS Greenhills gemeente optree.

“Ons doel met die optrede is om ouers en hul kinders saam in een erediens op ‘n kinderlike wyse te bedien. Dit is vir ons as gemeente belangrik om die hele huisgesin saam te bring in die teenwoordigheid van God, daarom is Karoolus en Lente die perfekte manier om dit te doen,” vertel Hannes opgewonde.

Karoolus en Lente is die afgelope vyf-en-twintig jaar betrokke by kinderbediening en staan as Maranathaland Kinderbediening bekend.

Hulle radiopragramme word gereeld uitgesaai en hulle bedien ook graag by geleenthede en plekke soos kleuterskole, skole, gemeentes, jeugweke, ATKV, kunstefeeste en verskeie ander geleenthede.

Die program wat gewoonlik ‘n uur beloop, bestaan uit ‘n groot gedeelte saamsing en saamdoen. Die woorde van die liedjies is eenvoudig en op die Woord gebasseer.

Kinders oud en jonk leer dit vinnig gedurende die optrede aan.

Karoolus hanteer gewoonlik die gedeelte. Saam met Lente, die dogtertjiepop van 5-jaar, word een of ander storie of insident vertel wat ons herinner aan iets wat in die Bybel staan behandel.

Op ‘n praktiese manier word ‘n skrifgedeelte aan die kinders op dié manier verduidelik. Die program is gemik op al die kinders, jonk en oud, dit is dus ‘n aanbieding wat gemik is op die hele gesin.

“Ons is baie opgewonde om vir Karoolus en Lente by ons gemente te hê, daarom nooi ons die hele gemeenskap om op 6 Oktober ons erediens by te woon en saam met Karoolus en Lente te kuier,” vertel Hannes.

Die geleentheid word gratis aangebied en die erediens sal om 9.30vm afskop en na afloop van die geleentheid kan elkeen teenwoordig ‘n koppie tee of koffie geniet. Daar sal ook pannekoek te koop wees.

Vir meer inligting, skakel gerus die AGS Greenhills se kerkkantoor tussen 8vm en 2nm van Maandae tot Vrydae op 011 692 3880.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button