Jannas bied motorskou aan
Motorliefhebbers in die gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van Hoërskool Jan Viljoen se motorskou op 9 November.
Die motorliefhebbers in die gemeenskap kan uitsien na Hoërskool Jan Viljoen se motorskou wat op 9 November by die Hoërskool Jan Viljoen sportgronde sal plaasvind.
Volgens die organiseerder van die geleentheid, Naomi Niemand, dien nié motorskou as ‘n fondsinsamellingsprojek vir Hoërskool Jan Viljoen en beloof om groot pret vir elke motorliefhebber te wees.
“Tydens die geleentheid sal sal Mej SS Club gekroon word. Die tema vir die dag is Sexy Motorskou en diegene wat aan dié skoonheidskompetisie wil deelneem moet tussen die ouderdom van 18 en 23-jaar wees,” vertel Naomi.
Inskrywing vir die kompetisie beloop R100 per persoon.
Daar sal ook talle kos en koeldrank stalletjies beskikbaar wees, so jy kan lekker smul terwyl jy na al die motors op skou ryk.
“Daar is ook topklasmusiekvermaak vir diegene wat die dag bywoon deur een van Randfontein se eie DJ’s,” vertel Naomi.
Toegang tot dié opwindende motorskou beloop R30 per persoon en slegs R10 vir kinders jonger as 12-jaar.
Die hekke sal om 8vm oopmaak.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Naomi by 082 602 0815.



