EntertainmentLifestyleNewsSchools

Jannas karskou ‘n massiewe sukses

Hoërskool Jan Viljoen bied 'n suksesvolle motorskou by hul sportgronde aan.

Motorliefhebbers in die gemeenskap het beslis waarde vir hul geld gekry tydens Hoërskool Jan Viljoen se motorskou wat op 9 November by die Hoërskool Jan Viljoen sportgronde plaasgevind het.

Volgens die organiseerder van die geleentheid, Naomi Niemand, dien dié motorskou as ‘n fondsinsamellingsprojek vir Hoërskool Jan Viljoen.

Diegene wat die motorskou bygewoon het, kon na allerhande nuwe en historiese motors kyk en fotos van hul gunstellinge neem.

Een van die motors wat tydens die geleentheid groot aftrek geniet het, was die pragtige geel V8 Chevrolet Camaro.

Behalwe vir die Camaro, was daar verskeie Lumina bakkies en karre te sien en selfs ‘n bloedrooi historiese Chev bakkie.

“Daar was talle motorvervaardigers tydens die geleentheid en die skougangers kon ook tydens die geleentheid van die nuutste motors van top motorvervaardigers aanskou,” vertel Naomi.

Skougangers kon ook smul aan allerhande lekkernye wat by die kos- en koeldrankstalletjies beskikbaar was en het selfs topklas musiekvermaak deur een van Randfontein se eie DJ’s geniet.

“Die dag was ‘n groot sukses. Ons almal by Hoërskool Jan Viljoen bedank elke motoreienaar en vervaardiger vir hul betrokkenheid by die geleentheid asook elkeen wat die motorskou bygewoon het,” vertel Naomi.

Vir al die pragfotos van die geleentheid, kliek hier.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button