EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Sionspoort hou Kersmark

Die Hervormde Kerk, Sionspoort gemeente gereed vir nog 'n suksesvolle Kersmark.

Die Hervormde Kerk Sionspoort gemeente skud hul vere reg vir die kersmark wat die gemeente oudergewoonte weer vanjaar aanbied. Die mark word vanjaar op 29 November vanaf 2nm tot 8nm en Saterdag 30 November vanaf 9vm tot 1nm by die kerkterrein in Van Deventerstraat 93, Randgate aangebied.

Volgens dominee Johan van Staden, een van die gemeente se leraars, kan die kersmark se ondersteuners weereens uitsien na hoë-kwaliteit handgemaakte geskenke wat teen baie bekostigbare pryse aangebied gaan word.

Unieke geskenke vir die hele familie kan hier gevind word. Die gemeente hou terselfdertyd ook ’n basaar met al die tradisionele eetgoed, musiek deur Johan van Rensburg en sy orkes, baie pret vir die kinders en ook ’n heerlike verrassing of twee.

Vrydagmiddag het die gemeente se diakens weer ’n groot barmhartigheidsprojek waartydens behoeftige kinders van skole in Randfontein met ’n kersete, geskenke, speletjies en pret bederf sal word.

Die gemeente se feesnaweek word afgesluit met ’n spesiale kerssangdiens Sondagaand 1 Desember om 7nm waartydens Mathys Roets as gaskunstenaar gaan optree.

Skakel gerus 082 464 1547 vir meer inligting.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button