Local newsNews

Angels Unleashed bring ‘n meesterstuk op die planke

Die jeug van AGS Greenhills, Angels Unleashed, roer die hartsnare met 'n produksie wat van God se krag en genade getuig.

Die jeug van AGS Greenhills gemeente, wat as Angels Unleashed bekend staan, het weer vanjaar ‘n produksie op die planke gebing wat elke toeskouer se hartsnare behoorlik geroer het.

Volgens die jeugleier van Angels Unleashed, Viehann Spies, het die produksie gehandel oor daaglikse probleme wat mense ervaar en wat hulle soms onder kry.

“Die boodskap wat ons deur middel van dié produksie by die gemeenskap wou tuisbring is dat wanneer ons as mens swak is, is God se krag in ons sterk en sal Hy ons deur elke moeilike tyd in ons lewe dra,” vertel Viehann.

Hy vertel verder dat die hele gemeenskap welkom was om die geleentheid op 24 November by te woon.

“Ek glo dat elkeen teenwoordig hulself met die produksie kon vereenselwig en God se krag in hul lewe opnuut vind,” vertel Viehann.

Hy vertel verder dat vanjaar se produksie deur een van hul jeuglede, Candace Holmes geskruif is en dat dit met hartseer, komedie en ‘n sterk boodskap gevul was.

“Elkeen van my jeuglede het die afgelope kwartaal baie hard gewerk om te verseker dat die produksie ‘n sukses is,” vertel Viehann.

“Ek is werklik bevoorreg om deel te wees van so sterk en wonderlike groep jongmense te wees en dank God vir elkeen van hul talente wat die produksie so spesiaal gemaak het.”

Viehann bedank elke lid van Angels Unleashed vir hul harde werk om van die produksie ‘n sukses te maak. So ook aan elke persoon buite die jeug wat gehelp het om dié stuk op die planke te bring.

“Die aand was ‘n reuse sukses en ek dank elke lid van die gemeenskap vir hul belangstelling en teenwoordigheid tydens die geleentheid,” vertel Viehaan.

Hy los elke lid van die gemeenskap met die volgende boodskap: “Onthou, dat selfs wanneer jy swak is, is jy sterk as God se krag deur jou werk.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button