EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Geniet die Kersfees Skouspel saam met SA se beste

Kry nou jou kaartjies en geniet die jaarlikse Karsfees Skouspel by Carnival City se Big Top Arena.

Elke jaar, so ‘n paar dae voor Kersfees, bied Lefra Produksies sy jaarlikse Kersfees Skouspel in Carnival City se Big Top Arena aan.

Die produksie word aangebied in die ware Boney M-styl van Kersproduksies en is elke jaar ‘n ongelooflike skouspel van talent en natuurlik word die wonderlike boodskap van Kersfees in woord, sang en musiek aangebied.

Vanjaar vind die Kersfees Skouspel op Saterdag, 14 Desember om 8nm plaas.

Jaconell Mouton is die musikale regisseur en Frans Swart is die regisseur.

Die Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrika se sangtalent, onder andere Alwyn Oberholster, Arina de Witt, Henrico Coetzer, Heuning, Jannie Moolman, Jay du Plessis, Kobus Muller, Liza Brönner en Rina Hugo.

Die Kersfees Skouspel spog natuurlik elke jaar ook met ‘n lewendige orkes.

Besprekings vir die Kersfees Skouspel het pas geopen by Computicket. Skakel computicket by 0861 915 8000.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button