EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Plaaslike sangers tree op by Vonk Kinderkonsert
Randfontein sangers, Hessel en Mariesia van der Walt, tree op by die jaarlikse Beeld–Kinderfondskonsert in Pretoria.
Die plaaslike gospelsangers, Hessel en Mariesia van der Walt, was op 27 November deel van ‘n groep uitgesoekte topkunstenaars vir die gewilde jaarlikse Beeld-Kinderfondskonsert wat in Pretoria plaasgevind het.
Die kinderfonds samel spesifiek geld in vir die beskerming en beveiliging van kinders in nood.
Die konsert was ‘n reuse sukses en die duisende mense wat vanjaar se geleentheid bygewoon het, het die sang van onder andere, Theuns Jordaan, Nianell, Romanz, Carike Keuzenkamp en Hessel en Mariesia tot laataand geniet.
Hessel het pas na Randfontein verhuis terwyl Mariesia jare lank aan die Randfontein Skou verbonde is.



