Local newsNews

Hou voet by stuk wanneer jy eiendom koop

Wanneer jy jou eerste huis koop is dit belangrik om nie toe te laat dat iemand jou oorhaal om oorhastige besluite te neem nie.

Die gemiddelde prys van ‘n eerste huis het die afgelope jaar met sowat sewe persent tot R700 000 gestyg en terwyl daar druk op nuwe kopers is om die mark te betree terwyl hulle dit kan bekostig, moet hulle nie toelaat dat iemand hulle oorhaal om oorhaastige besluite te neem of te veel toegewings oor die soort huis wat hulle wil koop, te maak nie.

“As hulle aan sulke druk toegee is die kanse goed dat hulle opgesaal gaan word met ‘n woonplek waar hulle ongemaklik voel of wat nie regtig aan hul behoeftes voldoen nie, met die waarskynlike gevolg dat hulle binnekort van voor af moet begin huis soek met al die gepaardgaande spanning en uitgawes,” sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.

Hy raai nuwe kopers aan om eiendom te koop waar hulle minstens sewe tot 10 jaar lank kan woon sodat die kurwe van enige oplewing en insinking in die mark meer egalig is en hulle die beste moontlike waarde in die eiendom kan realiseer wanneer hulle besluit om wel te verkoop.

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat kopers goed moet nadink oor wat hul behuisingsbehoeftes oor so ‘n tydperk gaan wees voordat hulle na ‘n geskikte eiendom begin soek.

“As hulle byvoorbeeld beplan om met ‘n gesin te begin, moet hulle ‘n huis met genoeg ruimte en moontlik ‘n tuin oorweeg. En as hulle binnekort ‘n bejaarde ouer sal moet huisves, moet hulle moontlik na ‘n huis op een vlak met ‘n aangeboude woonstel of tuinwoonstel begin soek,” sé Berry.

“Daar is natuurlik talle ander behoeftes en eiesoortige toekomsplanne, maar desondanks sal dit kopers loon om ‘n eiendom te kies wat by hul begroting pas sowel as aan hul behoeftes gaan voldoen.”

“Die beste manier om dit te vermag – en te verhoed dat hulle uit die mark geprys word – is om die hulp van ‘n ervare en geduldige eiendomsagent in te roep om hulle te help om ‘n nommerpas eiendom te teiken.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button