Hoërskool Riebeeckrand spog met vyf van hul top Rugbyspelers wat in die o.18 Goue Leeus Presidente rugbyspan opgeneem is.
Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het vyf van Riebeeckrand se o.18 Rugbyspelers aan die proewe deelgeneem.
Hy verduidelik verder dat die proewe weereens by die Johannesburg stadion plaasgevind het.
“Daar het twee rondtes proewe plaasgevind. Die eerste rondte proewe was op 7 Februarie gehou en die tweede rondte het op 14 Februarie plaasgevind,” vertel Rickus.
Hy vertel verder dat sowat 110 spelers van regoor Gauteng aan die proewe deelgeneem het.
Aan die einde van die proewe is daar 40 spelers vir die o.18 Goue Leeus Presidentespan gekies.
Dugan Christie, Eswee Kruger, Ruan Pieterse, Rayno Wagner en JP Brummer van Hoërskool Riebeeckrand is almal in dié span opgeneem.
“Ons is baie trots op die groep spelers en wens hulle alle sterkte vir hul opkomende wedstryde toe,” vertel Rickus.



