NewsSchools

Jannas spog met hul ATKV Jeugtak

Hoërskool Jan VIljoen se nuwe ATKV Jeugtak streef daarna om 'n verskil in hul skool en gemeenskap te maak.

Hoërskool Jan Viljoen het verlede jaar hul ATKV Jeugtak gestig en streef daarna om ‘n verskil in hul skool en gemeenskap te maak.

Volgens ‘n onderwyser by Hoërskool Jan Viljoen, Almarie Katzké, het hulle onglangs dié jeugtak se bestuur verkies en is hulle baie opgewonde oor die jaar wat voorlê.

“Die ATKV Jeugtak se bestuur bestaan uit sewe leerlinge van Jannas. Hulle is Nerica Crous – Sekteratesse, Bernalee Anthony – Voorsitter, Kyle Grootboom – Onder voorsitter, en Renier van Dyk – Tessourier.

“Monique Dobson, Johannes Murphy en Eduan Heuer is almal addisionele lede tot die bestuur,” vertel Almarie.

Sy vertel verder dat Johannes Murphy dié tak tydens die ATKV se algemene jaarvergadering sal verteenwoordig en Nerica Crous ook tydens dié vergadering sal waarneem.

Jannas se ATKV Jeugtak fokus op vier aspekte van die ATKV. Die aspekte is onderwys, taal, kuns en gemeenskapsdiens.

“As deel van die tak se fokus op onderwys sal hulle jaarliks ‘n wêreldkennis olimpiade aanbied asook ‘n kunsuitstalling om die leerlinge van Jannas onder die kunste te bevorder,” vertel Almarie.

Verder sal Jannas ook jaarliks ‘n tienertoneel en verskeie redenaarskompetisies aanbied wat dan deel van die kuns en taal aspekte van hul werk sal vorm.

“Gemeenskapsdiens is ook vir die AKTV Jeugtak baie belangrik, en daarom het ons dit goedgedink om vanjaar ‘n uitstappie na die dieretuin te reël waartydens die bestuur elkeen ‘n minderbevoorregde leerling of persoon sal borg om saam met hulle die uitstappie te geniet,” vertel Almarie.

“Ons is baie opgewonde oor die tak se planne vir 2014 en sien daarna uit om te sien watter verskil dié leerlinge in hul skool en gemeenskap gaan maak.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button