NewsSchools

Skoolkore kan inskryf vir ATKV Skoolkoor kompetisie

Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, nooi alle skoolkore om deel te word van hierdie nasionale prestige koorkompetisie.

Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, nooi alle skoolkore om deel te word van dié nasionale prestige koorkompetisie.

Laer- en Hoërskoolkore kan inskryf vir dié skoolkoorkompetisie wat vanjaar vir die 37ste keer aangebied word.

Laerskole kan in die meer en minder ervare seniorkore, asook juniorkore afdelings inskryf.

Nie-Afrikaansmoedertaalsprekende skole kan ook inskryf en sal deelneem in die senior- en of juniorkore afdeling.

Die hoërskole afdeling bestaan uit Afrikaans en nie-Afrikaanse minder ervare kore, asook ‘n meer ervare afdeling. Beide afdelings sluit seuns, dogters en gemengde kore in.

Skole en koorleiers het tot 14 Maart om hul skoolkore in te skryf vir ATKV-Applous.

Vir meer inligting besoek www.atkvprojekte.co.za of kontak Bessie Keun by 082 454 6060 of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button