NewsSchools

Jannas spog met hul nuutgekose Graad 8 VRL

Hoërskool Jan Viljoen spog met hul nuutgekose Graad 8 Verteenwoordigende Raad.

Hoërskool Jan Viljoen het onglangs hul nuwe Graad 8 Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) aangekondig en sien baie daarna uit om die res van die jaar, saam met dié groep leerlinge te werk.

Volgens die VRL voog van Hoërskool Jan Viljoen, Sarel Steyn, het die Graad 8 VRL verkiesing op 11 Februarie plaasgevind.

Hy verduidelik dat al die Graad 8 leerlinge vir hul gunstellinge gestem het.

Op die wyse is ‘n totaal van 16 leerlinge tot die VRL verkies.

Die VRL-groep bestaan uit sewe seuns en nege dogters.

“Na afloop van die verkiesing, is dié 16 leerlinge op 17 Februarie tydens saalopening aan die skool bekend gemaak.

“Dit is ook tydens dié geleentheid waar elke nuutgekose Graad 8 VRL ingehuldig is,” vertel Sarel.

Die nuwe Graad 8 VRL leerlinge is Paula Lisher, Nicoleen Oosthuizen, Deandré Dreyer, Britney Golden, Maryna Opperman, Micheala Coetzee, Ashley Cowan, Shanay Stead, Jerolien van Jaarsveld, Miguel Perry, Calvin Smith, Johnson Parruque, Tiaan van Niekerk, Kananelo Mphuthi, Johnathan Lisher en Brandon Cordier.

“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge en wens hulle alle sterkte vir hul diensjaar wat voorlê toe,” vertel Sarel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button