NewsSchools

Jannas stoeiers verwerf goud

Twee van Hoërskool Jan Viljoen se top stoeiers verwerf goud tydens die Danie van Zyl Stoeikampioenskappe.

Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op Gerhard Trollip en Brandon Gouws wat tydens die Danie van Zyl Stoeikampioenskappe goud verwerf het.

Volgens die sportdirekteur van Hoërskool Jan Viljoen, Fanie Schoonraad, het die Danie van Zyl Stoeikampioenskappe op 1 Maart in Fochville plaasgevind.

“Die kompetisie tydens dié kampioenskappe was baie straf, maar beide Brandon en Gerhard was baie goed voorberei en het hul opponente behoorlik oordonder om sodoende die goud huistoe te bring,” vertel Fanie.

Hy vertel verder dat Brandon en Gerhard deel van die nuutgestigde Jannas Stoeiklub is en baie potensiaal wys.

“Ons almal by Jannas sien baie uit na die res van die stoeiseisoen en gaan beslis ons oë op dié twee amateurstoeiers hou,” vertel Fanie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button