Riebeeckrand rugbyspelers maak skoonskip
Hoërskool Riebeeckrand se rugbyspelers maak skoonskip tydens hul vriendskaplike wedstryd teen HTS Carel de Wet.
Hoërskool Riebeeckrand se rugbyspelers maak skoonskip tydens hul vriendskaplike wedstryd teen Hoër Tegniese Skool Carel de Wet.
Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het hulle op 8 Maart teen die manne van HTS Carel de Wet kragte gemeet tydens ‘n vriendskaplike wedstryd wat dan ook vanjaar se rugbyseisoen vir Hoërskool Riebeeckrand afgeskop het.
“Al die spanne van Hoërskool Riebeeckrand was te sterk vir HTS Carel de Wet en ons spanne het met puik spel en spanwerk oorwinnings verseker,” vertel Rickus trots.
Hoërskool Riebeeckrand se o.14 manne het met ‘n telling van 8 – 5 gewen, terwyl die o.15 spelers Carel de Wet met ‘n telling van 39 – 6 terug paviljoen toe gestuur het.
Die o.16 spelers van Riebeeckrand het die manne van Carel de Wet geen spasie vir punte maak gegee nie en het met ‘n telling van 45 – 0 geseevier.
Rickus vertel verder dat Riebeeckrand se tweede span met ‘n telling van 36 – 6 gewen het.
Die eerstes van Riebeeckrand het ook met ‘n wentelling van 17 – 10 terug paviljoen toe gestap.
“Baie geluk aan al die spanne. Dit is werklik puik resultate en ‘n baie goeie begin tot die 2014 Rugbyseisoen,” vertel Rickus.



