NewsSchools

Qailah wys haar staal tydens Gauteng Kampioenskappe

Qailah Adam het tydens die Gauteng Atletiek Kampioenskappe in die top 5 hoogspring vir dogters o.15 geëindig.

Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op Qailah Adam wat in die top 5 hoogspring vir dogters o.15 tydens die Gauteng Atletiek Kampioenskappe geëindig het.

Volgens haar hoogspring afrigter, Sylvia Maas, het dié kampioenskappe op 7 en 8 Maart by die Universiteit van Pretoria plaasgevind.

“Qailah het baie hard voorberei vir die Gauteng Kampioenskappe en het werklik baie goed teen haar teenstanders gevaar,” vertel Sylvia.

Sy vertel verder dat Qailah ‘n hoogte van 1.55m behaal het.

“Die kompetisie was baie straf en dit is voorwaar ‘n groot prestasie om onder die top 5 tydens dié byeenkoms te eindig,” vertel Sylvia.

Die bestuur van Hoërskool Jan Viljoen wens Qailah geluk met haar puik prestasie en wens haar sterkte toe vir haar voorbereiding vir die volgende seisoen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button