NewsSchools

Riebeeckrand verwelkom nuwe VRL leerlinge

Hoërskool Riebeeckrand spog met hul nuwe VRL leerlinge en sien uit daarna om die res van die jaar saam met dié leerlinge aan te pak.

Hoërskool Riebeeckrand spog met hul nuwe VRL leerlinge en sien daarna uit om die res van die jaar saam met dié leerlinge aan te pak.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, is Cleary Simpson, Martinet Theunissen en Juane Meyer verkies tot Riebeeckrand se Verteenwoodigende Raad van Leerlinge (VRL).

“Die drie leerlinge verteenwoordig die skool se leerlinge en sal saam met die senior raad se topbestuur werk om na leerlinge se probleme en behoeftes om te sien,” vertel Rickus.

Hy vertel verder dat die leerlinge ‘n groot verantwoordelikheid het wat op hulle wag; tog sien hulle baie uit na die taak op hande.

Rickus vertel verder dat die pligte wat hul portefeulje behels dinge insluit soos om beheerliggaamvergaderings by te woon en die leerlinge te verteenwoordig.

Verder moet hulle ook omsien na die leerlinge se probleme en dit aanspreek.

Hulle sal ook saam met die topbestuur werk om fondse intesamel.

“Die drie nuutverkoste leiers is basies die stem van die leerlinge en ons weet dat hulle ‘n verskil by Hoërskool Riebeeckrand gaan maak,” vertel Rickus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button