NewsSchools

Ram neem nuwe tegnologie aan

Laerskool Randfontein is trots om te kan sê dat hulle saam met die tegnologie groei en die leerlinge in staat stel om van die beste tegnologie gebruik te maak.

Laerskool Randfontein (Ram) glo in ontwikkeling en vooruitgang.

Volgens die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan, is die skoolterrein besig om groot veranderings te ondergaan beide tegnologies en esteties.

Sy vertel dat die Graad 7-leerlinge van 2013 fondse ingesamel het en ‘n Wi-fi netwerk aan die skool geskenk het.

“Dit verander die skoolterrein in ‘n Wi-Fi ‘Hotspot’.

“Leerlinge en personeel het toegang tot die netwerk deur koordlose tegnologie en kan die netwerk vir verskeie doeleindes gebruik,” vertel Annie.

Sy vertel verder dat die Departement van Onderwys tablets aan die skool geskenk het, wat deur die leerlinge in enige klas gebruik kan word, vir navorsing, take, lesse en kreatiewe leerwerk.

Die Inligtingsentrum is ook toegerus met nuwe rekenaars wat die leerlinge ‘n groter geleentheid bied om met die nuutste tegnologie te werk.

“Die helfte van die skool se kommunikasie met die ouers en leerlinge word ook digitaal gedoen deur die D6 School Communicator.

“Goeie kommunikasie is van kardinale belang vir die effektiewe bestuur van die skool.

“Daar word daagliks foto’s en interessanthede op die skool se Facebookblad gelaai en ons staan al op 500 ‘likes’ en groei daagliks.

Besoek ons webblad en Facebookblad as jy al die opwindende gebeure by Ram wil sien,” vertel Annie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button