Hoërskool Jan Viljoen het onglangs hul nuwe hokkie fasiliteite in gebruik geneem en is trots daarop om dié klas van fasiliteite aan hul hokkiedogters beskikbaar te stel.
Volgens die sportdirekteur van Hoërskool Jan Viljoen, Fanie Schoonraad, is dié nuwe fasiliteite by die skool se hokkievelde geleë.
“Die fasiliteite sluit ‘n ruim area in waar binne-huise opleiding kan plaasvind, owel as ‘n pragtige kleetkamer waar dié dogters vir tuis wedstryde en oefensessies gereed kan maak,” vertel Fanie.
Die hokkie dogters is opreg dankbaar vir die nuwe fasiliteite en glo dat dit hulle beslis sal help met hul voorbereiding tydens die hokkieliga.
“Ons is opreg dankbaar aan al die borge wat ‘n bydrae gemaak het. Baie dankie vir julle hulp en ondersteuning. Dié area sal beslis gereeld gebruik word,” vertel Julius Katzke, Hoof van Hoërskool Jan Viljoen.



