NewsSchools

Ram presteer by Noordheuwel

Laerskool Randfontein se eerstenetbalspan maak hul merk tydens die jaarlikse Hoërskool Noordheuwel Netbaltoernooi.

Laerskool Randfontein (Ram) se eerstenetbalspan het onlangs aan Hoërskool Noordheuwel se jaarlikse netbaltoernooi deelgeneem en baie goed gevaar.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, was die tema van vanjaar se toernooi “Wacky Hair”.

“Die agt spelers van die eerstenetbalspan is deur hul afrigter Tanya Pelser en die netbalorganiseerder Janie Fourie vergesel,” vertel Annie.

Volgens haar was daar 10 skole op die dag teenwoordig en het elke skool nege wedstryde gespeel om die wenner te bepaal.

“Ram het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en met skole soos Kenmare, Dr Havenga, Fairlands en Protearif afgereken en algeheel derde geëindig,” vertel Annie trots.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button