NewsSchools

Raakvatters doen spanbou

Laerskool Rapportryer se Raakvatters geniet hul gate uit tydens hul spanboukamp.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n groep leerlinge bymekaar gebring, die Raakvatters. Die leerlinge het van 14 tot 16 Maart ‘n spanboukamp bygewoon en baie nuwe avonture aangedurf.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, het die 62 Raakvatters en drie Rappies-onderwysers (Magriet de Lange, Lizél Wilken en Jaco Bezuidenhout) by Hartbeeshoek net buite Brits gaan kamp.

“Hulle het baie uitgesien na al die beplande aktiwiteite, wat hoogspanningstoubane, verfbal, wildritte, boogskiet, swem en vele meer ingesluit het,” vertel Roleen.

Die leerlinge het die kamp en die aktiwiteite terdeë geniet en baie oor hulself tydens die geleentheid geleer, vertel sy.

“Party was maar skrikkerig vir die uitdaging, maar het hulself verbaas toe hulle dit regkry. Die leerlinge kon ook ontspan in die

pragtige natuur en die rustige bosveldatmosfeer geniet,” vertel Roleen.

“Dis beslis ‘n kamp wat die leerlinge nog vir lank gaan onthou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button