NewsSchools

Sandra verower brons by SA Atletiek

Sandra Wijtenburg, 'n leerling van Laerskool Rapportryer spog met 'n welverdiende brons medalje tydens die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe.

Laerskool Rapportryer is trots op Sandra Wijtenburg wat op 21 en 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem het.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Sandra puik tydens dié kampioenskappe gevaar en haarself van ‘n welverdiende derde plek in die 1 200m vir dogters o.12 verseker.

“Sandra is al reeds vir verskeie jare een van Rappies se top atlete en werk baie hard om die beste in haar geliefde sportsoort te wees.

“Daarom is dit vir ons elkeen hier by Laerskool Rapportryer ‘n riem onder die hart om te sien dat sy so puik op die atletiekbaan vaar,” vertel Roleen.

“Rappies wens jou geluk met jou brons medalje.”

“Ons elkeen sien uit daarna om te sien wat dié kranige atleet volgende gaan behaal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button