NewsSchools

Ramkriekies hou klei en blokkiebou dag

Die kleuters van Ramkriekies geniet hulself gate uit tydens hul klei- en blokkiebou geleentheid.

Vir die onderwysers van Ramkriekies is dit baie belangrik om die kleuters al reeds van kindsbeen af te ontwikkel.

Daarom het sommige van dié kleuters deelgehad aan ‘n klei- en- blokkieboudag.

Volgens een van die onderwysers by Ramkriekies Martie Kloppers, het die kleuters dit baie geniet om met die blokkies en klei te speel.

“Die doel van die geleentheid was om die kinders te leer hoe om twee- en- drie dimensionele vorms te bou en te identifiseer,” vertel Martie.

Die kleuters het dit baie geniet en ook sommer baie geleer en terwyl sommiges met die klei en blokkies baljaar het, het ander lekker ingekleur voor hulle met die klei begin werk het.

Vir meer fotos van die geleentheid, besoek www.randfonteinherald.co.za

Caption: Tshepang Loeto en CJ Hamblin Gr0

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button