Local newsNews

Adonia Angels vier Moedersdag saam Randfontein Vriendskapstuiste

Adonia Angels sorg weer vir 'n spesiale Moedersdag by Randfontein Vriendskapstuiste deur vir behoeftige bejaardes geskenkpakkies uit te deel.

Terwyl Suid-Afrika op 11 Mei Moedersdag saam met hul geliefdes gevier het, is daar talle minderbevoorregde bejaardes in Randfontein Vriendskapstuiste wat die dag stoksiel alleen moes aandurf.

Daarom het die span van Adonia Angels dit hulle misie gemaak om dié bejaardes ‘n bietjie te bederf.

Volgens die stigter van Adonia Angels, Corrie van Loggerenberg, het sy en haar span op 10 Mei vir 20 behoeftige bejaardes gaan geskenkpakkies uitdeel.

“Behalwe vir die geskenkies wat ons uitgedeel het, kon ons ook met die hulp van verskeie borge vir die siekeboeg van Randfontein Vriendskapstuiste ‘n TV en DSTV installeer,” vertel Corrie.

“Die bejaardes van Randfontein lê ons as organisasie baie na aan die hart. Daarom was dit vir ons werklik ‘n voorreg om hulle tydens Moedersdag te kan bederf.”

Corrie en haar span bedank elke borg wat bygedra het tot die sukses van die projek.

“Ek wil ook baie dankie sê aan die Junior Mej Adonia Angels wenners vir 2013, Jacqueline VIljoen, Joline Barnard en Monique van Loggerenberg.

“Sonder julle hulp en harde werk sou die dag nie so suksesvol gewees het nie,” vertel Corrie.

Met Moedersdag wat verby is, lê Vadersdag voor die deur en Corrie doen ‘n beroep op die gemeenskap om by dié projek betrokke te raak.

“Indien enigiemand by ons Vadersdag projek betrokke wil raak, kan hulle my by 072 697 0792 skakel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button