NewsSchool sportSchoolsSport

Rierand hokkie oordonder Jannas

Hoërskool Riebeeckrand se hokkiespelers maak skoonskip tydens hul kragmeting teen Hoërskool Jan Viljoen.

Hoërskool Riebeeckrand se hokkie is weer vanjaar aan die brand.

Hulle het dit in hul plaaslike skole derby teen Hoërskool Jan Viljoen bewys.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié twee skole onlangs teen mekaar kragte gemeet en het Rierand vir die tweede agtereenvolgende jaar teen die dogters van Jannas koning gekraai.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op dié prestasie en wens elke hokkiespeler van Rierand geluk met hul puik spel,” vertel Kruger.

Hy vertel verder dat Rierand se vaardighede vanjaar die spelers van Jannas met baie min opsies gelaat het en alhoewel beide skole baie goeie spel gelewer het, was Rierand se aanvalle teen Jannas net te sterk.

“Die enigste span wat tydens die geleentheid gelykop gespeel het, was die o.14A dogters met ‘n telling van nul elk.

“Verder het Rierand skoonskip gemaak,” vertel Kruger.

Die o.15A dogters het tydens hul kragmeting teen Jannas met ‘n telling van 5 – 0 geseëvier, terwyl die o.16 dogters met 2 – 0 gewen het.

Verder het Rierand se tweedespan die beste telling vir die dag opgelewer en met 6 – 0 gewen.

Die eerstespan van Rierand het ook puik gevaar en die spelers van Jannas met ‘n nederlaag van 2 – 0 terug kleedkamers toe gestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button