NewsSchools

Rappies Raakvatters leer meer oor troeteldiere

Laerskool Rapportryer se groep Raakvatters leer meer oor troeteldier versorging.

Plaaslike veeaarts, Doret Hattingh en haar hond Lente, het onglangs die Raakvattersklub by Laerskool Rapportryer oor die basiese versorging van hul troeteldiere kom toespreek.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer Roleen Olivier, het Hattingh prakties aan die leerlinge gedemonstreer hoe om te kyk of jou hond in ‘n gesonde kondisie is.

“Hattignh het die leerlinge ook geleer om die regte tipe en hoeveelhede kos vir hul diere te gee,” vertel Olivier.

Sy vertel verder dat die leerlinge talle vrae rondom dié onderwerp gevra het en Hattingh het dit ook baie noukeurig en volledig beantwoord.

Om ‘n heerlike middag af te sluit kon die leerlinge self vir Lente allerlei toertjies soos sit, lê, draai in die rondte en nog vele meer laat doen.

“Die groep Raakvatters het die geleentheid baie geniet en op ‘n pretbelaaide wyse talle interesante goed geleer.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer wil vir Doret bedank vir haar opregte liefde, tyd en belangstelling in ons skool se leerlinge,” vertel Olivier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button