NewsSchools

Rappies lewer Wes-Laerskole rugbyspelers op

Laerskool Rapportryer spog met twee rugbyspelers in Wes-Laerskole Klinieke Rugbyspan.

Laerskool Rapportryer se rugbyspelers het gewys waar David die wortels gegrawe het toe twee van hulle in die Wes-Laerskole Klinieke rugbyspan opgeneeem is.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Kyle Lombard en Dylan Liebenberg aan twee stelle proewe by Westgold Primary deelgeneem waarna hulle tot dié span verkies is.

“Beide Kyle en Dylan sal oor die volgende paar weke aan verskeie kragmetings teen ander streke deelneem,” vertel Olivier.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer is baie trots op die twee kranige rugbyspelers en wens hulle sterkte toe met hul opkomende wedstryde.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button