NewsSchools

Rappies ondersteun vroue-maand met sjokolade

Leerlinge sê dankie aan vroue in die gemeenskap op hul eie unieke manier.

Laerskool Rapportryer het hul ondersteuning vir vroue-maand deur vrouens in die gemeenskap met sjokolade te bederf.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, was dié inisiatief deel van Rappies se vroue-maand gemeenskapsprojek.

“Rappies se leerlinge het almal met baie entoesiasme deelgeneem en gehelp om sjokolade in te samel,” vertel Olivier.

“Dié sjokolade is dan aan vroue wat onbaatsigtige diens aan die gemeenskap lewer uitgedeel.”

Plekke soos apteke; dokter-spreekkamers; hospitale en kleuterskole is tydens dié projek besoek en by elke instansie is daar ‘n heerlike sjokolade aan die vrouens op die perseel oorhandig.

“Die vroue het sjokolade met ‘n groot waarderende glimlag ontvang. Rappies trap positiewe spore in ons gemeenskap en sê weer dankie aan die vroue wat ‘n verskil in ons dorp en gemeenskap maak,” vertel Olivier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button