NewsSchools

Jannas-onnies pak Ice Bucket Challenge aan

Hoërskool Jan Viljoen daag nou buurskool Rierand ook uit.

Vier van Hoërskool Jan Viljoen se onderwysers het Dinsdag die ysige Ice Bucket Challenge aangepak.

Dié onderwysers is Ruan Pretorius, Herman Badenhorst, Robbie van Coller en Jannie du Preez.

Volgens Van Coller het elkeen van hulle R125 gegee om ‘n totaal van R500 aan die ALS-fonds te skenk.

“Ons het tydens pouse op die vierkant van Hoërskool Jan Viljoen bymekaar gekom om ons Ice Bucket Challenge te voltooi. Dit was bitter koud, maar beslis ‘n voorreg om deel te wees van die bewusmaking van ALS,” vertel Van Coller.

Hy daag ook namens dié vier onderwysers die onderwysers van hul buurskool Hoërskool Riebeeckrand uit om die Ice Bucket Challenge aan te durf.

“Ek daag ook die onderwysers van Hoërskool Riebeeckrand uit om ons donasie aan ALS te ewenaar,” eindig Van Coller.

Verwante artikels:

Video: Herald journalist takes on Ice Bucket Challenge

Video: Local business takes on Ice Bucket Challenge

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button