Die Graad 6-leerlinge van Laerskool Rapportryer het die gees van welwillendheid op ’n wonderbaarlike wyse beoefen.
Volgens Roleen Olivier het elke Graad 6-leerling ’n geskenkpakkie met persoonlike benodighede opgemaak en aan verskillende instansies oorhandig.
Hoof van Laerskool Rapportryer, Carel Stoop het die oorhandigings op 8 September behartig.
“Instansies wat baat gevind het was Koningskinders – vir hulpbehoewende kinders; Tulbach Tehuis; Huis Eldad; Sonskyn Ouetehuis, en Laerskool Rapportryer se uitreik- en hulpfonds,” vertel Olivier.
Olivier bedank elke ouer en leerlinge wat so positief op die uitreikprojek gereageer het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



