Hoërskool Riebeeckrand het talle aan die praat na hul goeie vertoning tydens vanjaar se NEA Kunswedstryd.
Rickus Kruger, woordvoerder van die skool vertel, “Ons leerlinge het kop en skouers bo die ander uitgestaan en met prestige toekennings weggestap.
“Die puik prestasies wys net weereens dat Riebeeckrand ‘n top skool in kultuur is.”
Daemian Breedt het die prestige ambassadeurstoekenning ontvang vir sy hip-hop dansvertonings.
Die mees prestige prestasie is dat drie leerlinge onder die top 10 in Gauteng-Wes aangewys is.
Kruger sê, “Die jaarlikse top 10 word slegs uit die top leerlinge in die provinsie opgemaak. Dis die mees gesogte toekenning op kultuurgebied.”
Dewalt Britz is agtste op die top 10, Ruan van Zyl sesde en Monique Crafford tweede.
Die volgende leerlinge het ook presteer en toekennings tydens die gala-aand ontvang:
Itemwenners:
• Corrine Human (twee items)
• Ju-hanie Wilken (een item)
• Larisha van Wyk (een item)
• Daemian Breedt (een item)
• Monique Grobler (een item)
• Dawie Viljoen (een item)
• Afrikaans Spanredenaars Gr10 (een item) – Monique Crafford, Kristen Pienaar, Dawie Viljoen, Ruan van Zyl, Senior Dramagroep (Addiction), Engelse Public Speaking Gr.10 – Ruan van Zyl, Chene Munz, Larisca Stoltz en Melanie du Plessis.
Medaljewenners:
• Megan Erasmus (een item)
• Daemian Breedt (een item)
• Dewalt Britz (twee items)
• Monique Crafford (vier items)
• Ruan van Zyl (drie items)
Cap: Rierand se drie top kultuurleerlinge in Gauteng-Wes: Dewalt Britz, Monique Crafford en Ruan van Zyl.



