NewsSchools

Reën, watse reën?

Ram se waterkaskenadesdag 'n fees met die week se reën iets van die verlede.

Na amper ‘n week se reën het Laerskool Randfontein (Ram) die sonskyndag op Vrydag 28 November met waterkaskenades gevier.

Volgens skoolhoof Leon Haupt het die skool op die dag hul akademiese jaar amptelik afgesluit.

“Nou kan hulle gaan vakansie hou,” het hy gesê.

Daar was verskillende glybane en springkastele; die kleintjies het eerste geleentheid gekry om dit geniet terwyl die groter kinders piekniek op die veld gehou het. Daarna kon die groter kinders op die glybane en springkastele baljaar.

Die onderwysers het ook die dag geniet. Die wat nie toesig by die aktiwiteite gehou het nie, het vleis in die koelte onder ‘n boom gebraai.

“Ons het die dag gereël om die leerlinge se harde werk gedurende 2014 te beloon. Ons is gelukkig om puik leerlinge in ons skool te hê en dit is ‘n plesier om hulle so vrolik en besig te sien,” het Leon gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button