Ettiene van Niekerk en AJ van den Berg lyk baie verveeld op die verhoog terwyl Issabelle Harmse die geleentheid benut om vir mamma en pappa te waai gedurende Paddavoetjies se konsert.
Paddavoetjies kleuterskool het Vrydag (28 November) mamma’s en pappa’s lekker vermaak met hulle “Crazy Frog”-konsert.
Die konsert wat in Laerskool Rapportryer (Rappies) se skoolsaal gehou is, was te oulik vir woorde en almal van die skool het kans gekry om in die kollig te skyn. Riaan Oberholzer het die verwelkoming gedoen en ook die aand se verigtinge aangekondig.
Na vier van hulle leerlinge die aand ge-open het met gebed was dit die onderwysers se beurt om te wys hoe hulle kan dans. Daarna was dit die kleintjies se beurt om te wys hoe hulle Monkeynastix kan doen.
Na al die opvoerings het die paddakoor die skoollied gesing en toe was dit tyd vir die prysuitdeling waar elke kind erkenning gekry het vir hulle harde werk deur die jaar.
“Ons is so trots op al die kinders en waardeur al hulle harde werk vir die konsert en deur die jaar wat verby is,” het Alta Potgieter van die skool na die funksie gesê.
Paddavoetjies Kleuterskool se Onderwysers het gewys dat hulle ook weet hoe om te dans op die verhoog op Vrydag, 28 November.
Paddavoetjies se konsert op Vrydag, 28 November is werklik deur ieder en elk geniet. Van links: Genevieve Kruger en Nicolene Raaths lag lekker vir hulle kleintjies op die verhoog.
Van links: Dihan Le Roux, Fabiana Flores en Marilisha Doubell wys hulle kan die kollig op die verhoog vol staan gedurende hulle ‘Crazy Frog’ vertoning op Vrydag, 28 November.
Dit lyk of ‘n toekoms op die verhoog heel moontlik is vir klein Amber Kleingeld van Paddavoetjies Kleuterskool. Die klein pop het almal vermaak tydens die skool se opvoering op Vrydag, 28 November.
Paddavoetjies Kleuterkool se Zhuan Kellie (links) en Tiffany Kritzinger is net ‘n bietjie skaam met al die aandag op hulle tydens hul konsert op Vrydag, 28 November.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!