Local newsNews

Kerk onttrek uit skou

Pastoor van Sheperd's Flock Ministries gee twee redes hoekom.

Sheperd’s Flock Ministries in Venterspos sal nie die jaar aan die gewilde Randfontein Skou deelneem nie.

Na meer as 20 jaar wat Sheperds Flock deelgeneem het en glo vele eerste pryse ontvang het meen pastoor Renus Pretorius van die kerk een van die redes is “die behandeling wat ons van die koeldrankverskaffers gekry het” en omdat die skou op ‘n Sondag gehou word.

“Ek wil eerstens almal bedank wie altyd verby ons koeldrankstalletjie geloop het en ons met komplimente begroet het vir die goeie boodskap wat uitgedra word met die opmaak van die stalletjie.

“Die rede vir ons onttrekking is die behandeling wat ons van die koeldrankverskaffers gekry het. Dis onbeskryflik skandelik en die feit dat die koeldranke by die skou ten duurste aangekoop moet word het ons so te sê ‘n verlies laat ly.

“Die koeldrankmaatskappy het verskillende ‘specials’ te voorskyn laat kom wat veroorsaak dat geen produk behalwe Coca-Cola verkoop word en ons met die produkte wat nie verkoop is nie huis toe moes gaan … ‘n hele paar duisend rand se koeldranke wat ons teen ‘n groot verlies van ontslae moes raak.

“Op die antwoord van Pieta Hefer se brief in die herald van 13 Februarie oor die Sabbat wat ontheilig word wil ek die volgende sê: Daar is elke jaar verkondig dat God die skou seën omdat Randfontein Skou die enigste skou in Suid-Afrika is wat nie op ‘n Sondag skou nie.

“Het God verander? Ek wil vir Pieta laat weet dat ek persoonlik met van die kerke en predikers gepraat het en al wat ek hoor is dat hulle ook ontevrede is.

“My groot rede waarom ek nie deelneem nie is wel dit: Ons dien ‘n onveranderlike God en ek sal nie toegee nie. Wonderlik dat God geken was en geëer was, dit was ook nie die moeite werd nie. Ons het R39 000 se koeldrank aangekoop en ‘n baie klein wins gemaak bo en behalwe koeldrank wat ons moes terug neem huis toe deur swak beplanning van die koeldrankverskaffers.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button