Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

300 kleuters haal uit en wys

Rappies Pre-Primêr se atletiekbyeenkoms 'n hoogtepunt.

Rappies Pre-Primêr se kleuters het onlangs geskitter in hul geel en blou klere tydens hul jaarlikse kleuteratletiekbyeenkoms.

Roleen Olivier van Rappies het gesê, “Ongeveer 300 kleuters het trots elke item met hul hele hart aangepak.

“Die kleuters wat tussen drie en ses jaar oud is het die byeenkoms baie geniet. ‘n Paar ouers het selfs langs hul kinders op die baan gehardloop ter ondersteuning of om te wys hoe dit gedoen word.”

Volgens Roleen het almal hul gate uit geniet en elkeen het ‘n beker en ysie gekry by die wenstreep.

Die kleuterskool bedank Laerskool Rapportryer, skoolhoof Carel Stoop en die personeel van Rappies Pre-Primêr veral juffrou Sonja van Tonder vir ‘n suksesvolle byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button