AGS Greenhills het vir Randfontein gebid tydens hulle gebedsweek.
Die tema van die gebedsweek was “God maak alles nuut”. Pastoor Hannes van der Merwe sê, “‘n Mens weet nooit hoeveel mense sal kom nie maar dit was ‘n sukses.”
Teen die einde van die gebedsweek was die kerk stil met net die klank van sagte musiek in die agtergrond. Mense wat kom bid het, het van een bidstasie na die ander geloop en gebedjies saggies gefluister.
Elke stasie het ‘n tema gehad; die een wat die meeste uitgestaan het was die man wat oor ‘n rots buig en bid. Die boodskap op sy rug was, “los die mes en moenie die seun seermaak nie”.
“Ek weet nou dat jy my liefhet, want jy was bereid om jou lieflingskind vir my te offer.”
Die gebedsweek het afgesluit met ‘n kring mense wat vir Randfontein en ander gemeenskappe gebid het.



