Local newsNewsSchools

‘n Dag van vryheid

'Dis belangrik om leerlinge te leer waaroor dit werklik gaan en wat gebeur het'.

Laerskool Randfontein het onlangs ordentlik makietie gehou om Vryheidsdag/ Werkersdag te vier.

Annie Nolan van die skool vertel, “Ons glo daarin om leerlinge op alle vlakke van die lewe op te voed. Vryheidsdag is ‘n baie belangrike dag in Suid-Afrika se geskiedenis en dis belangrik om leerlinge te leer waaroor dit werklik gaan en wat gebeur het.”

‘n Juffrou van die skool, Dalena Botha het ‘n PowerPoint aanbieding saamgestel oor Vryheidsdag asook Werkersdag.

“Dit is aan leerlinge in die saal gewys sodat almal weet hoekom ons ‘n vakansiedag het.”

Leerlinge is ook die geleentheid gebied om aan ‘n pretdag deel te neem. Volgens Annie was daar 20 verskillende tipes springkastele, glybane, sokkervelde en ‘rockets’ op die veld opgeslaan.

Marlene Engelbregcht en Burnadette Lightbody gly by die groot glybaan af.
Marlene Engelbregcht en Burnadette Lightbody gly by die groot glybaan af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button