Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport
Jannas-stoeiers wen 11 medaljes
Vyf goud, een silwer, en vyf brons vir Jannas stoeiers.
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se stoeiers het weereens goed gevaar wanneer dit saak maak deur 11 medaljes by die Welpie Ope los te slaan.
Die kompetisie het by die Wes-Rand Stoeiklub plaasgevind. Minstens 150 stoeiers het deelgeneem waarvan 11 van Jannas was.
Jannas-stoeiers het in totaal vyf goud, een silwer en vyf bronsmedaljes gewen.
Uitslae:
• Qail Adam — goud
• Justin Landsberg — goud
• Justin Nel — goud
• Michael Palmer — goud
• Shaun-Lee Beukes — goud
• Gawie Erasmus — silwer
• Aldre Groenewald — brons
• Franko Vermeulen — brons
• Wikus Brooderyk — brons
• Michael Reed — brons
• Lucian Cronje — brons

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



