Local newsNewsSchools

Jannas spog met ATKV-toekenning

'Die toekenning is uitgereik vir die jaalikse kunsuitstalling'

Tydens die Nasionale Algemene Jaarvergadering in Klein Kariba het Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) ‘n ATKV-toekenning vir een van hul pojekte ontvang.

Die toekenning is uitgereik vir die jaalikse kunsuitstalling wat deur die graad 11-leerlinge aangebied word.

Marthie van Deventer, kunsonderwyser van Jannas sê, “Die kunsuitstalling is toeganklik vir die publiek en so word leerlinge ook aan die bemarkingswêreld van die kunste blootgestel.”

In 2014 was die kunsuitstalling in samewerking met die ATKV aangebied.

“Die leerlinge se werk was van ‘n hoë gehalte en gedurende die uitstalling het van die leerlinge ook van hul werke verkoop,” het Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button