CrimeLocal newsNews

124 misdade daagliks teen kinders gepleeg

'Verlede jaar is 45 230 strafsake teen kinders aangemeld.'

Solidariteit Helpende Hand het ʼn nuwe veldtog van stapel gestuur om bewustheid te skep oor die omstandighede waarin kinders misdade aanmeld.

Verlede jaar is 45 230 strafsake teen kinders aangemeld.

Helpende Hand se 127 takke sal daarom vanaf eerskomende Vrydag 17 Julie ondersoek instel oor wat presies die omstandighede by die polisiestasies, landdros- en gesinsadvokaatkantore in hulle onmiddellike omgewing is.

Helpende Hand wil daarmee verseker dat die aanmeldingsproses so maklik en veilig vir kinders as moontlik is.

Die doel van die opname is om uit te vind waar Helpende Hand ʼn steun kan gee om dié sentrums meer kindervriendelik te maak. Die projekte sal deur die afsonderlike takke geïdentifiseer word en dan in die komende weke aangepak word.

‘n Ontleding van die omstandighede sal in die komende weke in ʼn verslag deur Helpende Hand bekend gemaak word.

“In elkeen van hierdie sake was daar ʼn held – ʼn polisiebeampte, landdros of gesinsadvokaat – wat help verseker het dat die slagoffer die nodige ondersteuning ontvang. Vanweë hierdie mense se optrede lei 75 persent van die aanmeldings tot skuldigbevindings,”sê Marlien van der Westhuizen, mediaskakelbeampte by Helpende Hand.

Verlede jaar is 1 832 lewenslange vonnisse gevel teen persone wat misdade teen kinders pleeg.”

In die aangesig van die skokkende statistieke wil Helpende Hand fokus op die 1 832 kere wat die sisteem foutloos gewerk het en waar die misdadiger nou lewenslank in die tronk sit.

Ons wil daarom in die komende maand minstens 1 832 teddiebere insamel wat aan die sentrums regoor die land geskenk kan word om ʼn kind te vertroos in sy/haar uur van nood.”

Is daar ʼn held in jou?

Praat met ʼn Helpende Hand-streekorganiseerder en sluit aan by jou naaste Helpende Hand-tak om ʼn sentrum te gaan besoek.

  • Skenk ʼn teddiebeer deur dit by een van die versamelpunte af te lewer.
  • Skenk ʼn virtuele teddiebeer. SMS “Teddie” na 38969 en skenk R10 om die sentrums op te knap en toe te rus om ons kinders veilig te laat voel.
  • Word ʼn Helpende Hand-ondersteuner en dra by tot hierdie en ons ander projekte. Besoek ons webwerf vir meer inligting.

Vir meer inligting oor die projek skakel vir Elize Bezuidenhout of Medee Davel by 012 644 4390 of stuur ʼn e-pos na elize@helpendehand.co.za of medee@helpendehand.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button