Rappies se goue Ashley in judo
Graad 6-leerling slaan goud los in Europa.
Ashley Stewart, ‘n graad ses leerling van Laerskool Rapportryer (Rappies) het onlangs goud vir Suid-Afrika ingepalm tydens die Internasionale Judo Kampioenskappe in Duitsland.
Ashley is ‘n lid van die KJK-klub in Randfontein en is van daar af na talle vegte gekies as deel van die Suid-Afrikaanse Judo-span.
Om te kon kwalifiseer, moes sy in verskeie streke en nasionale toernooie veg deur die jaar. Die toernooi in Leipzig, Duitsland was ook ter viering van Leipzig se 1 000ste bestaansjaar.
Met haar terugkeer het Ashley toe aan die Suid-Afrikaanse Judo-toernooi in Stellenbosch deelgeneem en weer ‘n goue medalje losgeslaan.
Ashley se pa, Terence Stewart, is baie trots op die feit dat Ashley tot dusver hierdie jaar nog onoorwonne in all haar gevegte was. Verder was Ashley nog net een keer op die mat/ in die sport geklop die afgelope vier jaar.
Sy sê,
Judo leer ‘n mens baie selfdissipline en om ander mense te respekteer. Judo gaan nie oor baklei nie, maar eerder oor selfverdediging. Ek beoefen die sport al van 2009 af en geniet elke oomblik daarvan.”



