Riebeeckrand is Plaatwenners in oud-Cokereeks
Klop Bastion met 10 punte in die eindstryd, eindig algeheel vierde.
Hulle het alles gegee maar Hoërskool Riebeeckrand moes met die Plaattrofee tevrede wees tydens vanjaar se Roodepoort Rugbyklub-reeks (voormalige Coke-reeks).
Soos elke jaar word die reeks by Roodepoort Rugbyklub gehou.
Riebeeckrand het vir Hoërskool Bastion van Witpoortjie met 28-18 verslaan en ook algeheel met die vierde plek weggestap.
Riebeeckrand is baie trots op hulle rugbyseuns en is ook baie opgewonde oor die uitstekende afrigting deur die nuwe sportbestuurder, Dietlov Coetzee en sy hulpafrigters wat reeds vrugte afgewerp het.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



