Ram se yster-landlopers
Drie langasems van Laerskool Randfontein ontvang hul Gauteng-kleure.
Drie landloopatlete van Laerskool Randfontein (Ram) het hul Gauteng-Wes-kleure ontvang.
Laerskool Randfontein se langasems het weer tydens die onlangse landloopseisoen gewys hulle het ware deursettingsvermoë,” het Annie Nolan, Ram-woordvoerder gesê.
Atlete wat hulle kleure verwerf het, is:
• Karabo Miya (o.9) – 5de plek
• Lelani Roodt (o.12) – 4de plek
• Caitlyn Benade (o.14) – 5de plek
Volgens Annie is landloop by Ram onder die leiding van onderwyseres Roelien Fourie. Sy het ‘n groot passie vir die sport en sy moedig atlete aan om reg deur die jaar te oefen.
Ons is baie trots op die dogters en weet dat hierdie prestasie slegs deur baie harde behaal kan word,” sê Fourie.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



