Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeckrand se beste in sport vir 2015 is …

Daar is 99 trofeë en agt spesiale toekennings uitgedeel.

Hoërskool Riebeeckrand het op Woensdag, 21 Oktober hul top uitblinkers in sport tydens ‘n glansgeleentheid vereer.

Volgens skoolwoordvoerder Elzeri Botha is dit belangrik om erkenning aan elke leerling te gee.

Daar is 99 trofeë en agt spesiale toekennings uitgedeel en ons is baie trots op elke Riebeeckrander.”

Larisca Stoltz het ‘n toekenning ontvang vir die beste sportprestasie deur ‘n dogter binne skoolverband terwyl Sandy Thwala een ontvang het vir die beste sportprestasie deur ‘n seun binne skoolverband.

Chriske Hechter het erkenning gekry vir beste sportprestasie deur ‘n dogter buite skoolverband en Reinhardt Hechter vir beste sportprestasie deur ‘n seun buite skoolverband.

Die veelsydigste junior sportdogter is Eztia Saunders en die veelsydigste junior sportseun is Danie Harmse. Monique Crafford is aangewys as die veelsydigste senior sportdogter en Eugene Mantsho as die veelsydigste senior sportseun.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op elke leerling wat gedurende die jaar aan sportitems deelgeneem en toekennings ontvang het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button