Local newsNews

Groot koorfees op die horison

Organiseerder: Daar gaan sewe uitstekende kore optree en almal is welkom.

Inwoners van Randfontein en spesifiek Helikonpark kan hulle Saterdag 20 Februarie gereed maak vir ‘n groot fees.

Dit is die dag waarop ‘n koorfees met die tema ‘Kersfees is elke dag’ by die Hervormde Kerk Midpark gehou sal word. Dit begin om 2nm.

Griet Booyens, organiseerder en koorlid het gesê, “Daar gaan sewe uitstekende kore optree en almal is welkom. Ons beoog om koorsang weer lewendig te maak in Randfontein. Almal is welkom veral ook die koorlede se vriende en familie. Kom ondersteun hulle en toon u belangstelling.”

Twee groepe van Laerskool Randfontein, een van Vriendskapstuiste asook die Renaissance aftree-oord, Sionspoort Hervormde Kerk, die koordansgroep van AGS Middelvlei en die sanggroep van die Metodiste Kerk Randfontein gaan optree.

Ons het hierdie program saamgestel omdat daar so hard aan Kersliedere geoefen word en dan word dit net een keer uitgevoer,” het Griet verduidelik.

• Navrae: Griet by 082 924 9437.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button