NewsSchools

‘Geloof is ons grootste bousteen’

'Die doel van Jannas se Religie Voete vir Jesus is om te help waar ons kan.'

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs twee groot en aangrypende Christelike-byeenkomste gehad.

Op 15 Februarie het die skool die voorreg gehad om weer deur die Gideons – wie in 190 lande betrokke is – besoek te word. Volgens tradisie het elke Graad 8-leerling ‘n sakbybel ontvang.

Op die dag het Chris Ayers die saalopening waargeneem.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder, het Chris ‘n kragtige boodskap aan die leerlinge gebring.

By Jannas is geloof ons grootste bousteen en kan ons met trots sê dat ons kinders van ons Hemelse Vader is,” het Smith gesê.

Later, tydens Jannas se herwinningsweek wat deur die skool se Religie onder leiding van Anesta Klopper geloods is het hulle meer as 800 bottels en blikkies ingesamel.

“Hier by Jannas mors ons niks, ons gebruik alles,” sê Smith.

Die skool se siviele-departement is huidiglik besig om blinkmannetjies and ander speelgoed te maak wat hulle aan kinderhuise en minderbevoorregte skole gaan uitdeel. Die projek is gedoen in samewerking met die NWU Pukke se onderwys-SJDG.

Elizita Oberholzer sê, “Die doel van Jannas se Religie Voete vir Jesus is om te help waar ons kan.”

Julius Katzke, Jannas-skoolhoof ontvang 'n sakbybel van Chris Ayers van Gideons. Foto ingestuur.
Julius Katzke, Jannas-skoolhoof ontvang ‘n sakbybel van Chris Ayers van Gideons. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button